Thursday, August 11, 2011

14 Augustus - Die skrif alleen

7 comments:

  1. Wonderlike diens! Back2 basics is so waar, maar om die volle vreugde van Christenske te beleef is daar tog meer. Ons het selfs in Pinkster van die Geestelike Disiplines geleer. Daar is vas, doop, geestelike oorlogvoering, ens. Dit het niks met jou saligheid te doen nie maar jy leer om nader aan Christus te leef en Sy wil te leer ken.

    ReplyDelete
  2. Ek glo die bybel is God se woord. Dit is egter deur die mens geskryf.
    Mense is geneig tot foute. Vandaar die moontlikheid van sekere wetenskaplike onjuisthede.

    Dit kan ook wees dat die feite aangebied was deur die mens, op so 'n manier dat die mense van daardie tyd dit sou kon verstaan.

    ReplyDelete
  3. Hi Ds Wouter(Willem)
    Ek sal die blog begin en glo dit gaan die week besig wees so sterkte.
    Met verwysing na jou preek het ek kennis geneem dat dit nie oor Izusu's of Toyota's gaan nie MAAR as dit dan die Skrif alleen is moet jul noe help want ek dink my wielsporing is uit en my wiele loop in verkeerde rigting.
    HOEKOM is daar dan in Afrikaans soveel verskillende vertalings van die Bybel? Teveel om op te noem. Voeg dan nou ook by die feit hoe die Bybel afgesluit word- Openbaring maak dit duidelik dat niks bygevoeg en of weg geneem mag word nie. Kyk ek na die verskillende vertalings en weergawes dan is daar baie wegegevat en of bygevoeg. Goed ek moet vashou aan dit wat ek geleer het en daarby hou maar HOE verduidelik ek dit dan aan nie-gelowige of iemand wat pas Christen geword het? Feit is dit is nie so eenvoudig nie elke mens het sy eie perspektief en dit is verwarrend. Groete Bennie

    ReplyDelete
  4. Dankie vir julle insette sover. So paar op merkings.

    Die gedagte met Back2Basics is glad nie om die Christelike geloof te vervlak of te vereng nie. Stem saam dat daar soveel seen beleef kan word deur geestelike dissiplines en geestelike groei, dis net as dit verabsoluteer word en waarde oordele gevel word oor ander Christene se geloof in God wat nie die geestelike dissipline so beleef of beoefen nie. Dit raak dan onnodige bagasie wat mense net saam dra en daar geen geesteklike seen in is nie.

    Bennie ek hoop dat ons mekaar sal kan help om ons wiele bietjie beter te " align" Ek stem saam dat hierdie goed is nie so eenvoudig nie, dis daarom dat daar vir my groot waarde le in die proses om dit te bespreek en deurlopend te deur dink. Ek is dankbaar dat ons met die proses besig kan wees. Ek glo nie die doel van verskillende vertalings is om enige iets uit te laat of weg te laat uit die Skrif nie. Dit gaan daaroor om die kern, soos wat jy tereg se, vir die mens beter verstaanbaar te maak. As ons egter oor verskillende vertalings wil hare kloof sou ons daan eerder die oorspronlike Grieks vandag moes gelees het. Elke taal en vertaling het 'n leemte itv oorvertaling uit die oorspronklike taal. Ek wil bly by my redenasie dat die Skrif vir ons die kern aangaande God se stap my sy volk en ons verlossing in Jesus Christus kommunikeer en dat ons dit moet glo!!
    As iemand dalk vir my en Bennie beter kan help!!! Help asb!

    Die volgende link kan gevolg word na 'n baie behulpsame artikel van Stephan Joubert wat kan help met die lees van die Bybel vandag!! Dit is waarna ek gisteraand verwys het.
    http://www.bybelkennis.co.za/Algemene-Artikels-Bybelse-Temas-en-Sake/Hoe-lees-ek-die-Bybel-vandag.html

    Tolle lege, neem lees.
    Wouter

    ReplyDelete
  5. Hallo Wouter,

    Ek is nou nie meer so jeugdig nie,maar is baie dankbaar dat ek hierdie reeks saam met julle kan meemaak.

    Die eerste boodskap in die reeks weet ons het gegaan,oor Terug na Die Bybel,maar daar is iets omtrent die NG Kerk waaroor ek nog altyd gewonder het..ons het groot geword met die idee dat dit net die charismatiese kerke is wat hande ophef,maar tog staan dit in Die Bybel dat ons so Die Here moet loof en nou word dit die afgelope jare wel gedoen...en ons vrouens het altyd hoed gedra kerk toe,want volgens die Bybel moet vroue hulle hoofde bedek,maar ek is in 1979 voorgestel(sien,ek het mos gesĂȘ ek is nie meer so jeugdig nie)en ons was die heel eerste belydenisklas van daardie gemeente wat NIE hoed gedra het met ons voorstelling nie.

    Eers het ons kerk iets wat in die Bybel is,nie toegepas nie en iets anders wat daar is,wel toegepas,maar deesdae is die twee net mooi omgeruil.

    Ek weet nou nie eintlik of dit regverdig is om jou te vra om dit te verduidelik nie...

    Dankie

    Blessings

    Antoinette

    ReplyDelete
  6. Toemaar,ek het agterna eers die artikel van Stephan Joubert gaan lees en verstaan nou.
    Kyk net hoe werk God deur juis in daardie artikel vir my die antwoord te gee.

    Antoinette

    ReplyDelete